Aperture (programmatuur)

Aperture
Kort opsomming van die logo.
Aperture 3

Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 2005
Gestaak 8 April 2015; vervang deur Foto’s
Nuutste weergawe 3.5.1/ 15 November 2013 (2013-11-15)
Bedryfstelsel OS X
Kategorie Foto postproduksie
Lisensie Eiendomsprogrammatuur
Webblad Apple - Aperture

Aperture is ’n fotoredigering- en bestuurstoepassing wat deur Apple Inc. ontwikkel is vir die OS X-bedryfstelsel. Dit is aanvanklik in 2005 vrygestel[1] en is verkrygbaar op die Mac Toepwinkel.[2] Die programmatuur hanteer ’n aantal take soos die invoer en organiseer van beeldlêers, die toepassing van korrektiewe verstellings, die vertoon van skyfievertonings en die druk van foto’s wat algemeen in postproduksie voorkom.

Eienskappe van Aperture sluit nie-vernietigende redigering, organisering van foto’s volgens sleutelwoord, gesigte (deur middel van gesigsherkenning en -erkenning) en plekke (deur middel van GPS-metadata wat in beeldlêers ingebed is), kwaste vir die aanwending van effekte (soos ontwyking en inbranding, velversagting en polarisering) en uitstuur na verskeie gewilde webblaaie insluitend Flickr, Facebook, SmugMug en Apple se iCloud. Die toepassing is deur talle onafhanklike persone geresenseer.[3][4][5][6]

Op 6 Januarie 2011 het Apple die beskikbaarheid van Aperture op die Mac Toepwinkel aangekondig.[7] Aperture 3.5, die nuutste weergawe van die programmatuur, is op 22 Oktober 2013 vrygestel en werk op Intel-gebaseerde Mac-rekenaars. Die weergawe bied ondersteuning vir iCloud Fotodeling, integreer SmugMug en voeg ondersteuning vir iOS 7-kamerafilters toe. Aperture 3.5 benodig OS X 10.9 Mavericks of nuwer om te werk.

  1. Heid, Jim (26 Desember 2005). "Macworld Aperture 1.0.1 Resensie" (in Engels). Macworld.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2011. Besoek op 15 Februarie 2011.
  2. "Aperture in die Mac Toepwinkel" (in Engels). Itunes.apple.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2016. Besoek op 15 Februarie 2011.
  3. (en) "Apple Aperture 3 resensie en gebruikersgids deur Ken Rockwell". kenrockwell.com. 12 November 2011. Besoek op 12 Junie 2012.
  4. "Apple Aperture 3 resensie" (in Engels). TechRadar. 27 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2018. Besoek op 12 Junie 2012.
  5. "Aperture 3: Die Ars-resensie" (in Engels). Ars Technica. 18 Maart 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2016. Besoek op 12 Junie 2012.
  6. "Lightroom vs Aperture – al die eienskappe vergelyk" (in Engels). Technology for Media. 13 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2018. Besoek op 5 November 2013.
  7. "Aperture op die Toepwinkel" (in Engels). Itunes.apple.com. 5 Januarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017. Besoek op 15 Februarie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search